Matteus

R75,00

Matteus het hoofsaaklik geskryf vir Griekssprekende Jode wat die ou Joodse Skrifte (die Ou Testament van ons Bybel vandag) geken het. Hy begin met ’n geslagsregister (familieboom) om te wys hoe Jesus aan die troon van Dawid verbind is (asook aan Abraham, die vader van die Joodse volk). Daarna beskryf Matteus die ongelooflike lewe, dood en opstanding van Jesus

Christus, die beloofde Messias wat sowel God as mens was. Al was mense in daardie stadium blind hiervoor, is Jesus die enigste Koning wie se heerskappy vir ewig sal bestaan (2 Sam 7; Ps 89:4-5, 27-30). Hy is die enigste Koning, die Seun van God en die Seun van die mens, wat vandag oor alles en almal regeer (Ef 1:22; Op 5).

Klik hier vir die gratis Matteus leiersgids

SKU: 9780864875433 Category:
Vra vir meer inligting

Description

Matteus: een Koning wat oor almal heers

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 94

OPSOMMING: Toe hy vir Jesus ontmoet het, was Matteus ’n ongewilde belastinggaarder in diens van die Romeinse regering. Maar nadat hy ’n paar jaar lank vir Jesus gevolg en saam met Hom gewerk het, het Matteus radikaal verander.

Matteus het hoofsaaklik geskryf vir Griekssprekende Jode wat die ou Joodse Skrifte (die Ou Testament van ons Bybel vandag) geken het. Hy begin met ’n geslagsregister (familieboom) om te wys hoe Jesus aan die troon van Dawid verbind is (asook aan Abraham, die vader van die Joodse volk). Daarna beskryf Matteus die ongelooflike lewe, dood en opstanding van Jesus Christus, die beloofde Messias wat sowel God as mens was.

Baie mense het gedink hierdie groot Koning sou die koninkryk van Israel (die Jode) herstel deur die Romeinse Ryk omver te werp en die Romeine uit die Beloofde Land van Israel te verdryf (Jos 1:1-11).

Maar God se plan was baie groter as dit (Gen 12:2-3). Jesus se opdrag was om die houvas van die sonde en die dood wat alle mense, alle volke, alle koninkryke en alle ryke op aarde oorheers het, te verbreek.

INHOUD
Kaart: Judea in Jesus se tyd
Kaart: Jerusalem in Jesus se tyd
Woordelys
Hoe om hierdie studie te gebruik
Inleiding

Les 1
Wat is in ’n naam? Wat is kenmerkend aan die boek Matteus?

Les 2
Jesus word gedoop en versoek

Les 3
Jesus leer die mense en doen wondergenesings

Les 4
Here van hemel en aarde

Les 5
Seun van God, Seun van die mens

Les 6
Die triomfantelike intog en die laaste paasmaaltyd

Les 7
Jesus word in hegtenis geneem en verhoor

Les 8
Jesus word gekruisig en staan op uit die dood

SKRYWERS

Marilyn A McGinnis & personeel van Faith Alive