Moederland

R320,00

In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang, voorheen bekend as Bloemfontein. Maar swangerskap sonder ’n genetiese toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig, ’n robot wat ontwerp is om ongewenste lewens te beëindig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Jenesis is hartgebroke. Met haar hele hart smag sy daarna om vir Adam te vertel van die twee seuntjies wat nes hý lyk. Maar Adam is weg. Haar halsstarrige siening oor die huidige bewind en haar onvermoë om in te sien dat slegs die elite in die slimstede floreer, het hom verdryf. Vir haar bestaan gewone burgers nie, diegene wat na die buitewyke van die oorloggeteisterde ou stede uitgewerp word om van honger te sterf.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

SKU: 9780798183192 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 352

OPSOMMING: In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang, voorheen bekend as Bloemfontein. Maar swangerskap sonder ’n genetiese toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig, ’n robot wat ontwerp is om ongewenste lewens te beëindig. Genadedood noem hulle dit. Want, sê die regering, daar is nie genoeg kos, water en blyplek vir almal nie.

Jenesis is hartgebroke. Met haar hele hart smag sy daarna om vir Adam te vertel van die twee seuntjies wat nes hý lyk. Maar Adam is weg. Haar halsstarrige siening oor die huidige bewind en haar onvermoë om in te sien dat slegs die elite in die slimstede floreer, het hom verdryf. Vir haar bestaan gewone burgers nie, diegene wat na die buitewyke van die oorloggeteisterde ou stede uitgewerp word om van honger te sterf.

Moederland bied ’n fassinerende blik op die toekoms. ’n Puik nagevorsde, aksiebelaaide riller.

SKRYWER: Madelein Rust se loopbaan as krimiskrywer skop af in 2014 met die publikasie van haar debuut, Die 13de kaart. Daarna volg daar elke jaar ’n nuwe roman waarvan drie titels vir ATKV-Woordveertjies benoem word. In 2017 word haar eerste niefiksietitel, Kanker Schmanker, gepubliseer. Rust skryf voltyds en woon tans in Gauteng.