‘n Gelukkige kind

R265,00

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak

SKU: 9780796320056 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 448

OPSOMMING: Jou kind word nie met ‘n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.
Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.
Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak

SKRYWER
Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het
twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n
bekende gas op radio- en televisieprogramme.