‘n Venster word ’n spieël

R55,00

7 Bybelstudies vir individuele en groepstudie. Die Brief van Judas – net 25 verse lank en weggesteek naby aan die einde van jou Bybel – is seker een van die mees verwaarloosde boeke in die Nuwe Testament. Daar is baie gelowiges wat nog nooit eens hierdie brief gelees het nie. Dit is so jammer, want in die Brief van Judas lê daar wonderlike waarhede opgesluit, waarhede wat wag om ontdek te word. Judas (dit is nie die Judas wat Jesus verraai het nie) maak vir ons ‘n venster oop op ‘n groepie Christene wat eeue gelede geleef het. Wat ons sien is verrassend, selfs skokkend. Maar die venster moet ‘n spieël word waarin ons onsself ‘n paar vrae moet afvra. Uiteindelik moet ons nie net deur die Judasbrief na die verlede kyk nie; ons moet onsself – ons weerkaatsing – in die Judasbrief raaksien. Ons moet God se stem deur die brief hoor, sy stem vir ons elkeen in ons huidige situasie. Aan die einde van elke hoofstuk is ’n paar vrae wat jou kan help om die Judasbrief as ’n spieël te gebruik.

SKU: 9780864875556 Category:
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Die Brief van Judas vir gelowiges vandag

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 60

OPSOMMING: Die Brief van Judas – net 25 verse lank en weggesteek naby aan die einde van jou Bybel – is seker een van die mees verwaarloosde boeke in die Nuwe Testament. Daar is baie gelowiges wat nog nooit eens hierdie brief gelees het nie. Dit is so jammer, want in die Brief van Judas lê daar wonderlike waarhede opgesluit, waarhede wat wag om ontdek te word. Judas (dit is nie die Judas wat Jesus verraai het nie) maak vir ons ‘n venster oop op ‘n groepie Christene wat eeue gelede geleef het. Wat ons sien is verrassend, selfs skokkend. Maar die venster moet ‘n spieël word waarin ons onsself ‘n paar vrae moet afvra. Uiteindelik moet ons nie net deur die Judasbrief na die verlede kyk nie; ons moet onsself – ons weerkaatsing – in die Judasbrief raaksien. Ons moet God se stem deur die brief hoor, sy stem vir ons elkeen in ons huidige situasie. Aan die einde van elke hoofstuk is ’n paar vrae wat jou kan help om die Judasbrief as ’n spieël te gebruik.

INHOUD
1. Maak kennis met die Brief van Judas
2. Oor woestynmense, engele, Sodom en … Migael
3. Drie berugte mense en ses ontstellende foto’s
4. Luister tog na Henog!
5. Realisties gesproke …
6. Gebruik wat julle het
7. Oor omgee en die toekoms

SKRYWER
Prof Francois Tolmie is in 1959 in Keetmanshoop in Namibië gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Middelburg Kaap en gaan studeer daarna vir predikant. Hy voltooi sy teologiese opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy later ook doktorsgrade in Nuwe Testament en Grieks verwerf. Na ‘n kort tyd as predikant van die NG Gemeente Walvisbaai word  hy  beroep  as  dosent  in  Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie (Universiteit van die Vrystaat) waar hy tans professor in Nuwe Testament is. Hy stel veral belang in die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus – waaroor hy al heelwat akademiese artikels en drie boeke geskryf het. Afgesien van sy akademiese werk het hy ook verskeie populêr-godsdienstige werke geskryf, onder andere as medewerker van die Bybellennium. In 2006 het Francois saam met Prof Jan van der Watt aan die “Apokriewe” gewerk wat deur CUM (Vereeniging) uitgegee is. Hy is ook een van die vertalers van die Afrikaanse Bybel vir Dowes. Hy is getroud met Ansa en hulle het drie kinders en is tans die Dekaan van die Teologiese Fakulteit Universiteit van die Vrystaat.