Description
SUBTITEL: Verwonderd oor die gawe om te kan glo
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 200
OPSOMMING: Waarom glo ek?
Geloof is soos ’n boom met baie wortels. Om na te dink oor waar ons wortels lê, help ons om geloof, en die sin van geloof, beter te verstaan.
Ons moet egter verder dink as die wortels, want ’n boom het ook ’n blaredak wat blyplek gee aan lewe. ’n Boom, soos Jesus ons geleer het, word ook aan sy vrugte geken.
Dalk wonder jy of geloof ooit sin maak, of dalk wil jy jou saam met ons verwonder oor die lewe en die liefde wat ons deur geloof ontdek.
Of jy nou wonder en of jy jou verwonder, hierdie boek wil met jou gesels!
INHOUD:
Waarom glo ek?
Week een: Ek glo
Week twee: Ek glo … omdat daar iets is en nie niks nie
Week drie: Ek glo … omdat daar orde is
Week vier: Ek glo … omdat daar reg en verkeerd is
Week vyf: Ek glo … omdat daar genade is
Week ses: Ek glo … omdat daar waarheid is
Week sewe: Ek glo … omdat daar skoonheid is
SKRYWER: Andries Cilliers is gebore in Merweville en het grootgeword in Namibië. Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Walvisbaai, waarna hy sy teologiese studie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Hy was predikant in die gemeentes Kameelboom, Stella, Potchefstroom Grimbeekpark en Sonstraal. Andries is tans leraar van die NG gemeente Drieankerbaai in Seepunt.