Ons wil Jesus sien

R220,00

“Ons ken en verstaan Jesus nie naastenby so goed soos ons dink nie.”

In die eerste deel van dié boek klink hierdie woorde soos ’n refrein op. Dit was waar van Jesus se tydgenote, en dit is waar van mense buite die kerk. Ongelukkig is dit ook waar van vele mense in die kerk.

Ons wil Jesus sien fokus op die ryk en vreemde veelkantigheid van Jesus se lewe en veral van sy werk. Teenoor die veels te algemene neiging om Jesus tot net een aspek van sy werk te reduseer (gewoonlik die verlossing deur die kruis) glo die skrywers van hierdie boek daar is veel meer aan Jesus. Hy red ons nie net met een deel van sy lewe nie, het Calvyn al gesê, maar met sy héle lewe.

Dié boek bied ’n waardevolle oorsig oor wat die Nuwe-Testamentiese boeke oor Jesus sê, én hoe gelowiges deur die eeue heen – tot vandag toe – oor Jesus en sy werk gedink het. Die skrywers bou voort op van die heel beste navorsing, maar het die boek vanuit ’n geloofshoek vir gewone gelowiges geskryf.

Ons wil Jesus sien is geskryf vir almal wat ernstig is daaroor om meer van Christus te leer. Wie dit lees, sal saam met Paulus besef: Om Christus beter te leer ken kan jou lewe verander.

SKU: 9781991234001 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Ses stasies in Jesus se lewe. Sy geskiedenis en ons getuienis oor Hom

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: “Ons ken en verstaan Jesus nie naastenby so goed soos ons dink nie.”

In die eerste deel van dié boek klink hierdie woorde soos ’n refrein op. Dit was waar van Jesus se tydgenote, en dit is waar van mense buite die kerk. Ongelukkig is dit ook waar van vele mense in die kerk.

Ons wil Jesus sien fokus op die ryk en vreemde veelkantigheid van Jesus se lewe en veral van sy werk. Teenoor die veels te algemene neiging om Jesus tot net een aspek van sy werk te reduseer (gewoonlik die verlossing deur die kruis) glo die skrywers van hierdie boek daar is veel meer aan Jesus. Hy red ons nie net met een deel van sy lewe nie, het Calvyn al gesê, maar met sy héle lewe.

Dié boek bied ’n waardevolle oorsig oor wat die Nuwe-Testamentiese boeke oor Jesus sê, én hoe gelowiges deur die eeue heen – tot vandag toe – oor Jesus en sy werk gedink het. Die skrywers bou voort op van die heel beste navorsing, maar het die boek vanuit ’n geloofshoek vir gewone gelowiges geskryf.

Ons wil Jesus sien is geskryf vir almal wat ernstig is daaroor om meer van Christus te leer. Wie dit lees, sal saam met Paulus besef: Om Christus beter te leer ken kan jou lewe verander.

INHOUD
1. Daar is meer aan Jesus
2. Jesus se identiteit – wie Hy regtig was
3. Jesus se menswording – en ons verlange na God
4. Jesus se aardse lewe en bediening – en ons gesukkel met die lewe
5. Jesus se kruisiging – en ons vrae oor lyding, boosheid en skuld
6. Jesus se opstanding – en ons vrees vir doodloopsituasies en vir die dood
7. Jesus se hemelvaart en heerskappy – en ons soeke na ’n betekenisvolle lewe nou
8. Jesus se beloofde tweede koms – en ons angs oor ’n onseker toekoms
9. “Wie, sê julle, is Ek?” – en ons belydenis oor Jesus van Nasaret
10. Om in Jesus te glo

SKRYWER: Marius J Nel is professor in Nuwe Testament aan die Stellenbosch Universiteit. Voor sy aanstelling as dosent by die Teologiese Fakulteit in 2012 was hy 18 jaar lank predikant in Pretoria. Marius is tans die voorsitter van die Nuwe-Testamentiese Werksgemeenskap van Suider-Afrika en mederedakteur van Scriptura. Hy is gekoppel aan die NG gemeente Oostersee as leraar met die opdrag teologiese opleiding.

Coenie Burger was predikant in Graaff-Reinet en Stellenbosch Studentekerk voordat hy direkteur van Buvton (later Ekklesia) geword het. Hy is die skrywer van meer as 40 boeke en talle artikels. Van sy boeke is bekroon met verskeie pryse. Die SA Akademie se Totiusprys vir Teologie is ook aan hom toegeken. Coenie was ’n genoot van die Alexander von Humboldt Stigting en die Center of Theological Inquiry in Princeton, VSA. Hy het gedien as moderator van die Algemene Sinode en Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk en was op die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en The Evangelical Alliance of SA.