Ontmoetings met God en myself

R60,00

Gaan saam op ’n geestelike reis met “Ontmoetings met God en myself: ’n Twaalf-weke-studie oor fassinerende plekke in die Bybel.”

Hierdie boek neem jou op ’n ontdekkingsreis deur Bybelse plekke en gebeure, en skep ’n ruimte vir jou om God en jouself beter te leer ken.

Dewald Davel het hierdie studies saamgestel om elke individu en groep te inspireer om die Bybel se ryk geskiedenis te verken en ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Kom sluit by ons aan terwyl ons saam die skatte van die Bybel ontdek en ons geloof versterk! ***

SKU: 9780864874849 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

Ontmoetings met God en myself: ’n Twaalf-weke-studie oor fassinerende plekke in die Bybel

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 64

OPSOMMING: Twee faktore het bygedra tot die ontstaan van hierdie Bybelstudieboek met twaalf meditatiewe studies oor plekke in die Bybel en wat daar gebeur het. Die een was bloot fassinering met en nuuskierigheid oor die plekname in die Bybel, en die redes hoekom dit vir Bybelskrywers nodig was om sulke besonderhede te noem. Die tweede faktor is die groeiende hunkering by die skrywer en ander gelowiges om self iets te beleef van wat gelowiges voor ons reeds beleef het, en só in ons verhouding met God te groei. Hiermee help die verhale oor die mense en die plekke in die Bybel ons.

Dewald Davel het hierdie twaalf studies geskryf met die hoop dat dit elke groep en individu werklik sal help om self ’n slag by al hierdie verskillende plekke te gaan “stilstaan”, om ’n ontmoeting met God en met hulleself te hê – saam met dié wat voor hulle geleef het.

Die studies het ’n meer meditatiewe aanslag, al is dit nie meditasies in die volle sin van die woord nie. Sou ’n groep egter voel om tye van stilte en nadenke hierby in te voeg, kan dit vir hulle verrykend wees.

INHOUD

1. Kyk agtertoe, maar ook vorentoe – Ontmoetingsplek: Abarimberg
2. Ontvang meer as net water – Ontmoetingsplek: Beër
3. Plek van verraad – Ontmoetingsplek: Dotan
4. Met naywer, of met vertroue? – Ontmoetingsplek: Enon
5. Weet jy regtig van beter? – Ontmoetingsplek: Feniks
6. Verkeerde nommer? – Ontmoetingsplek: Ganes en Soan
7. Roeping vervul – Ontmoetingsplek: Illirikum
8. ’n Bangmaakplek – Ontmoetingsplek: Kefirim
9. Gaan verdeeldheid seëvier? – Ontmoetingsplek: Korinte
10. Nog ’n verbond – Ontmoetingsplek: Moab
11. Gebed kan jou lewe verander – Ontmoetingsplek: Gibeon
12. Bemagtig om vir God te leef – Ontmoetingsplek: Troas

SKRYWER

Dewald Davel is nou al 24 jaar lank predikant. Die gemeentes waar hy reeds gedien het, Benoni-Oos en Dewetsdorp, het – soos ook die gemeentes Molteno en Sterkstroom, waar hy nou predikant is – elkeen op ’n eie manier bygedra tot die voortdurende verryking van sy bediening. Dewald geniet die belewenis wanneer lidmate waarhede ontdek wat hulle lewe vul, kleur en nuwe hoop en uitdagings aan hulle gee. Daarom sy passie vir Bybelstudies. Dewald is getroud met Irma en hulle het drie seuns.