Oop vir die oomblik

R250,00

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

SKU: 9780864878335 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Nader aan die hier en nou met die Here

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

INHOUD
Deel 1: Deur die dag
1. Waaroor praat ons?
2. Die wonder van die hier en nou
3. Die geraas in my kop kom tussen my en die huidige oomblik
4. My brein wil meer teenwoordig funksioneer
5. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid!
6. Jou liggaam is ’n poort
7. Ons waarneming wil oopgaan
8. Doen is bevrydend
9. Ons ervarings: God is daarin
10. Mense: magnete tot in die nou
11. Kom ons kry ons binnekant aan die kant: die benadering
12. Kom ons kry ons binnekant aan die kant: die pad
13. Die aan-die-kant binnekant: die vrede van God
14. Hoe naby die Hoorder!

Deel 2: Die platform van ons eensame, stil tyd met God
15. Hoekom moet ons nog iets in ons besige lewe inpas?
16. Jou heilige plek
17. Liggaamlike voorbereiding
18. Lees met die Heilige Gees
19. Jou aandag spring na ander gedagtes
20. Laat insink wat jy gelees het
21. Praat met God
22. Gebed van die hart: Wat is die idee daaragter?
23. Gebed van die hart: ʼn Manier van doen
24. Terugskoue
25. Stilword in groepe
26. Die moontlike vrugte
27. ʼn Sewe-weke-intreeprogram

SKRYWER
Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.

Additional information

Formaat

Gedrukte boek, Elektroniese PDF

You may also like…

  • Die vrou by die put (Leiersgids)

    R120,00
    Add to cart
    R120,00

    Verhoudings is die plek waar ware gemeenskap gebeur. Ons menswees kom ten volle tot reg wanneer ons in positiewe, waarderende omgee-verhoudings met ander leef. Telkens wanneer ons in gemeenskap en versorging na mekaar uitreik, gee dit sin en betekenis aan ander se lewe én aan ons eie lewe. Maar om na ander te kan uitreik, moet ons bereid wees om grense na hulle oor te steek. Stap daarom vandag saam met Jesus oor grense deur hierdie ses studies oor die ontmoeting tussen Hom en die Samaritaanse vrou by die put – en begin leef só waarlik vir ander en in gemeenskap met ander.

    Add to cart
    Kyk gou
  • Moed om mens te wees

    R95,00
    Add to cart
    R95,00

    Ontdek die inspirerende reis van die Betanië-gesin – Marta, Maria en Lasarus – in die opwindende boek, “Moed om mens te wees.”

    Hierdie 10 Bybelstudies neem jou mee op ‘n pad van waagmoed en selfontdekking, terwyl jy leer om God se tydlose waarhede toe te pas op jou eie lewe. Deur die lewensverhale van hierdie ongewone gesin te verken, ontdek jy jou eie moed om mens te wees in die wêreld van vandag.

    Met praktiese riglyne en opwindende gespreksidees, bied hierdie boek ‘n unieke geleentheid vir groei en gemeenskap. Kom deel in die rykdom van die ongewone gesin se ervaringe en vind jou eie moed om te floreer. ***

    Add to cart
    Kyk gou
  • Gestuur

    R60,00
    Add to cart
    R60,00

    Gestuur vertel die storie van die nuwe droom oor die kerk. Voor die Algemene Sinode van 2013 het die NG Kerk besef daar is op baie plekke in die wêreld, ook in die kerk, lewendige gesprekke oor geloof en die kerk aan die gang. Hulle het toe die vars en nuwe gedagtes uit dié gesprekke in ’n beleidsdokument saamgevat sodat ons saam nuwe, verbeeldingryke moontlikhede vir die toekoms van die kerk kan ontdek.

    Add to cart
    Kyk gou
  • Wonderwêreld

    R80,00
    Add to cart
    R80,00

    In elke studie deel hulle die uniekheid van God se koninkryk, wat anders is as alle ander ryke, met ons. Hulle neem ons op ’n reis van bekering en verwondering wat ons dieper inlei in die wonderwêreld wat in Jesus naby aan ons gekom het.

    Klik hier om gratis preke af te laai

    Klik hier om week 1-4 se video-snitte af te laai.

    Add to cart
    Kyk gou
  • Cries for a humane life

    R65,00
    Add to cart
    R65,00

    In Cries for a humane life Nico Koopman leads us towards the lasting Season of Human Dignity, currently a main focus of various faith communities in South Africa. He shows us how to purposefully reflect, pray and seek together a truly humane life, because this is God’s good will for all of us

    Add to cart
    Kyk gou