Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 40
OPSOMMING: Die 10 ontmoetings in hierdie boek skep vir jongmense die geleentheid om te dink en te gesels oor ʼn real geloof en real waardes wat hulle sal help om die regte besluite te neem en reg te leef. Dit sal hulle help om hulle keuses te maak op grond van hulle waardes en hulle verhouding met die Here.
NUUT! Die webblad
Padkaart – Sien die groter prent gaan saam met ʼn webblad. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die webblad beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.
INHOUD
- Ingeboude GPS
- In the greater scheme of things …
- Twitface
- Dieper as ʼn glimlag
- Net oor myself
- Breaking the mould
- Life is beautiful
- To kindle a fire
- Met die helm gebore
- Etikette is vir bottels
SKRYWERS
Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.
TEMA-KATEGESE: Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.