Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 52
OPSOMMING: Padkaart – Sien die groter prent is spesiaal ontwerp vir jongmense
- om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker.
- om aan hulle die hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak.
- om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ʼn roeping en ʼn droom te leef.
Die 10 temas in hierdie boek is ideaal om in kategese, omgeegroepe vir jongmense of by jeugkampe te gebruik. Dit is ʼn wonderlike hulpmiddel vir mense wat in kwartaal-reekse of seisoen-siklussse met jongmense wil werk.
NUUT! Die webblad
Padkaart – Sien die groter prent gaan saam met ʼn webblad. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die webblad beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.
INHOUD
- Ingeboude GPS
- In the greater scheme of things …
- Twitface
- Dieper as ʼn glimlag
- Net oor myself
- Breaking the mould
- Life is beautiful
- To kindle a fire
- Met die helm gebore
- Etikette is vir bottels
SKRYWERS
Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.
TEMA-KATEGESE: Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.