Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 92
OPSOMMING:
- Real lewe #1 Aangeraak deur God is die eerste gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
- Die inhoud is nou ook met ʼn webblad geïntegreer.
- Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.
Gespreksgids
Die 29 ontmoetings in Aangeraak deur God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is. Geniet die reis met geloof wat real is.
Nuut! Die Real lewe-webblad
- Real lewe #1 Aangeraak deur God gaan saam met ʼn webblad. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za. Alle elektroniese hulpmiddels soos videogrepe, klanksnitte en foto’s is op die webblad, asook bykomende inligting vir die fasiliteerder. Daar is Real lewe #1 Aangeraak deur God is die eerste gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
- Die inhoud is nou ook met ʼn webblad geïntegreer.
- Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders
INHOUD
- Real lewe
- Konings, oorloë en profete
- Hoe leer ons God ken?
- Uit niks kom iets
- Deel van die span
- Ingeboude GPS
- Sweetdruppels soos bloed
- Krip, kruis en koninkryk
- Soos suurstof vir asemhaling
- ʼn Hand of ʼn voet … of dalk ʼn oog?
- Hallo, Pa
- Niemand weet nie
- Die Bulle en die suidooster
- Koning sonder paleis
- As Jesus skielik voor jou staan
- Praters en volgelinge
- Money, money, money
- Spieëltjie, Spieëltjie, sê vir my
- Dubbele burgerskap
- Lightly salted
- Vingerafdrukke van God
- Kos en klere gegee … Wie ék?
- Twitface
- Real lewe
- Ouer teen ouer
- Berg of molshoop?
- Om voete te was
- Dieper as ʼn glimlag
- Hart teenoor verstand
SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.