Real lewe #2 Ingenooi deur God (Gespreksgids)

R90,00

Die 29 ontmoetings in Ingenooi deur God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is. Geniet die reis met geloof wat real is.

Vra vir meer inligting

Description

Real lewe #2 Ingenooi deur God (Gespreksgids)

AANTAL BLADSYE: 92

OPSOMMING:

  • Real lewe #2 Ingenooi deur God is die tweede gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
  • Die inhoud is nou ook met ʼn webblad geïntegreer.
  • Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.

Gespreksgids

Die 29 ontmoetings in Ingenooi deur God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is. Geniet die reis met geloof wat real is.

Die Real lewe-webblad

Real lewe #2 Ingenooi deur God (Gespreksgids) gaan saam met ‘n webblad wat die hulpmiddels vir Real lewe #2 Ingenooi deur God (Gespreksgids) insluit. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za. Daar is videogrepe, klanksnitte, foto’s en ander hulpmiddels op die webblad beskikbaar om die jongmense in hulle geloofsgeloofsgroei te ondersteun.

SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.

TEMA-KATEGESE: Hierdie kort kursusse help jou om oor spesifieke onderwerpe of temas kategese te hou. Daar is 10 ontmoetings per onderwerp wat geskik is vir ʼn kwartaal. Ons voorsien ʼn gids vir deelnemers en begeleiding vir aanbieders.