Rigtingwysers vir jou lewenspad

R300,00

God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra. Hy weet ook hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het.

Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

SKU: 9781776351534 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Bybelse wyshede vir koershou deur die lewe se uitdagings

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra. Hy weet ook hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het.

Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers vir jou lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

SKRYWER: Piet Smit is ’n bekroonde liedjieskrywer en sanger en ontvang in April 2022 die FAK se Andrew Murray-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse Christelike musiek oor die afgelope paar dekades. Sy bediening fokus op innerlike genesing en hy het ’n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Op die verhoog put hy uit sy eie geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit, saam met sy liedjies, in stories waarmee luisteraars kan vereenselwig. Piet kry sy inspirasie vir die dagstukke uit sy eie ervaringe sowel as sy verhouding met Jesus. Piet skilder ook graag en verkies olieverf en houtskool.