Description
Rut: God deur mense by mense. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe.
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 52
OPSOMMING: Die boek Rut gee ʼn mens ʼn rilling van lekkerkry. Dit is ʼn liefdesnovelle met genoeg spanning en humor om jou tydens ʼn Sondagmiddag se lees te boei. En wanneer jy klaar gelees het, kom jy agter jy dink nuut oor mense wat anders as jy is.
Jy vra: “Hoe werk God in my lewe?” Jy wonder: “Wanneer is ʼn storie regtig verby? Is my Moab-ervaring die einde van die storie?” of: “Is ek en God maar aan die beweeg tussen Betlehem en Moab waar ek soms Naomi, soms Rut, baiemaal Boas en soms selfs so-en-so is?”
Die boek Rut is geskryf in ʼn tyd toe die leiers van die volk vreemde vroue en hulle kinders terug huis toe gestuur het. Rut speel egter lank voor hierdie tydperk af in ʼn tyd van hongersnood toe ʼn familie vir oorlewing na Moab getrek het.
Rut is ʼn Moabitiese meisie wat haar skoonma, Naomi, baie liefhet. Rut weet wat Naomi se hartsbegeerte is en sy beraam planne om dít te verwesenlik.
Soos die Here Naomi se hand deur Rut vat, vat Hy Rut se hand deur Boas.
Hierdie verhaal gaan oor God wat in die doodgewone gang van die lewe deur mense by mense betrokke is.
Ons nooi jou uit om dié verhaal saam met ons te beleef.
INHOUD
- Draai God sy rug? (Rut 1:1-22)
- Kortsigtig en selfsugtig (Rut 2:1-23)
- Ontferm en beskerm (Rut 3:1-18)
- God draai nie sy rug nie (Rut 4:1-22)
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.
Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.