Sleutel

R0,00

Sleutel

Gestel jy kry ‘n uitnodigingskaatjie in die pos.

Binne-in is ‘n sleutel.

Iemand wat baie vir jou omgee het dit vir jou gestuur.
Die sleutel is vir jou gegee met ‘n doel.
Die sleutel is nie jou geskenk nie – dit moet jou na iets lei – iets oopsluit.

Agter die sleutel le daar iets vir jou
‘n geskenk
‘n avontuur

Agter die sleutel is daar iemand.
Dit is iemand wat jou liefhet,
wat jou belange in die oog het,
wat daarvan hou om jou te verras.
Jy vertrou die persoon.

Ewe skielik bevind jy jouself in ‘n avontuur.
Jy vis by al jou vriende – weet hulle dalk iets.
Jy probeer by elke slot wat jy verby stap – pas die sleutel dalk
Jy dink oor die persoon en julle storie saam en dagdroom oor wat die sleutel kan inhou.

Die een ding wat die sleutel vir jou sê, is dit sluit oop en gee jou toegang tot iets wonderliks.

Tydsduur: 04:25

File grote: 24 MB

Formaat: MP4 (ZIP)

Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

Sleutel

Gestel jy kry ‘n uitnodigingskaatjie in die pos.

Binne-in is ‘n sleutel.

Iemand wat baie vir jou omgee het dit vir jou gestuur.
Die sleutel is vir jou gegee met ‘n doel.
Die sleutel is nie jou geskenk nie – dit moet jou na iets lei – iets oopsluit.

Agter die sleutel le daar iets vir jou
‘n geskenk
‘n avontuur

Agter die sleutel is daar iemand.
Dit is iemand wat jou liefhet,
wat jou belange in die oog het,
wat daarvan hou om jou te verras.
Jy vertrou die persoon.

Ewe skielik bevind jy jouself in ‘n avontuur.
Jy vis by al jou vriende – weet hulle dalk iets.
Jy probeer by elke slot wat jy verby stap – pas die sleutel dalk
Jy dink oor die persoon en julle storie saam en dagdroom oor wat die sleutel kan inhou.

Die een ding wat die sleutel vir jou sê, is dit sluit oop en gee jou toegang tot iets wonderliks.

Lank gelede was die uitnodiging na ‘n fees – ‘n potskerf.
Die gasheer vat ‘n kleipot, breek dit in stukke en stuur die stukke na sy gaste.
Die potskerf se waarde word bepaal deur wie die gasheer is.
Party gashere se potskerwe sal mense opgewonde maak. Ander gashere se uitnodigings sal hulle dalk laat wegraak.
As die genooides dan later by die fees aankom, kyk die wagte by die deur of die potskerwe pas.
Pas dit, kan die gas ingaan.
Hierdie potskerf is ‘n simbool genoem.

Simbole werk so.
Dit het twee dele. Die een stuk – wat jy kry – en die groter geheel waarin dit pas.
Jou stuk gee jou toegang tot iets groters.

Gelowiges verstaan brood en wyn en water as simbole.
God gee dit vir ons om ons deel te maak van iets groter.
Dit wat jy gekry het, is jou sleutel tot alles wat God gee.

‘n Simbool sluit nie net een ding eendag oop nie.
Deur duisende jare het gelowiges ontdek dit sluit nou al vir ons die lewe oop.

Miskien is daar dinge wat jy wil oopsluit … moontlikhede, hoop, ‘n nuwe begin.
Party keer val ‘n mens vas en dan wil jy weet daar is ‘n pad hier uit.

Miskien is daar dinge wat jy wil afsluit … teleurstelling, mislukking, seer.
Party keer het ‘n mens die behoefte om te weet iets is oor en verby. Jy wil vorentoe kyk en aangaan.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n sleutel en ‘n simbool.
Die een wat die simbool gee nooi jou nie net uit nie, maar beloof ook om saam met jou te reis.
Dit bly waar selfs al lê jou potskerf vergete.

Mag die doop jou al meer help om die lewe te ontsluit.
Die lewe wat in jou is en die lewe wat voor jou lê.