Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 192
OPSOMMING: Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings was daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel.
Hy praat eerlik oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak.
Sy lewe ’n getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.
SKRYWER: Reynardt Hugo is gebore in Durban en word groot in Phalaborwa en Pretoria. Hy gaan studeer drama by die Universiteit van Pretoria. Hy speel die rol van Dr Tertius Jonker in Binnelanders. Hy was deel van die Afrikaanse popgroep ADAM en begin sy sololoopbaan in 2020. Hy is verloof aan Anna en woon in Randburg, Johannesburg.