Description
SUBTITEL: Liturgiese voorstelle vir gebruik in die algemene erediens en in ander spesifieke dienste
FORMAAT: Sagteband
BLADSYE: 72
OPSOMMING: Soos ’n blom na die son draai; soos riviere na die see loop; soos ’n boom na die hemel opreik; soos skape agter hulle herder aanloop –so rig ons ons hart op die Here. Rig julle hart op die opgestane Here!– Anoniem
Die ontmoeting tussen God en mens in die erediens, of by ’n aanbiddingsgeleentheid, is een van die mens se grootste behoeftes. Die titel van hierdie boek en die eerste sin van die onbekende gedig hier bo – Soos ’n blom na die son draai – is ’n pragtige beeld wat die kernkarakter van hierdie besonderse ontmoeting tussen God en mens in aanbidding raakvat.
Die konteks waarin mense hulle bevind en wat voortdurend verander, beteken die ruimte van die liturgie moet hierdie voortdurende verandering in ag neem as dit betekenis na die ontmoeting tussen God en mens wil bring.
In hierdie boek gee die skrywer liturgiese voorstelle wat gelowiges hoofsaaklik kan help om deur hulle aanbidding aan die drie-enige God van die Bybel al die eer te bring – juis in ’n tydsgees waarbinne baie gelowiges op soek is na ander en nuwe uitdrukkingsvorme vir die aanbidding waartoe God ons nooi.
Soos ’n blom na die son draai bevat ’n versameling liturgiese elemente, gebede, aanvangswoorde, formuliere, en so meer. Dit is ’n aanvullende hulpbron vir liturge en lidmate in hulle weeklikse erediensvoorbereiding, maar ook in die voorbereiding van ander aanbiddingsgeleenthede.
INHOUD
Inleiding
1. Verskillende vorme van die liturgie en die vierslag-vorm
2. Liturgiese voorstelle vir die erediens
Inleiding
Aanvangswoord (Votum)
Seëngroet
Wet
Verootmoediging, skuldbelydenis en genadeverkondiging
Geloofsbelydenis
Epiklese (Gebed by die opening van die Woord)
Skriflesing
Toe-eiening
Getuies en getuienis
Doop
Nagmaal
Stilte
Aankondigings (Bulletin)
Litanie en voorbidding
Offergawes
Toewyding
Opdrag
Uitsending
Verbintenis
Sën
3. Liturgiese voorstelle vir enkele ander dienste
Adventsangdiens
Begrafnisdiens
Plasing of uitstrooi van as (“Commital service”)
Tenebrae
Bronnelys
SKRYWER
Cas Wepener het Teologie en Liturgie gestudeer aan die US en die Universiteit van Tilburg, Nederland. Tans is hy professor by UP se Fakulteit Teologie, in die Departement Praktiese Teologie. Buiten vele artikels vir akademiese tydskrifte het Cas al verskeie publikasies oor liturgie die lig laat sien, onder meer From fast to feast en Ontdekkings in die erediens. Sy voorlaaste publikasie by Bybel-Media is Aan tafel met Jesus. Hy is getroud met Clara en hule het drie kinders.