ToekomsVenster – Die keuses wat ek maak

R125,00

Ons woon in ʼn wêreld wat steier onder die gevolge van verkeerde keuses. Keuses vir die heersende wêreldkultuur belowe opwinding, voorspoed en roem, maar misluk klaaglik om hierdie beloftes na te kom. Die toenemende chaos rondom ons is ʼn klinkklare bewys hiervan.
Met die 45 dagreise in hierdie boek herinner Chris Harris jou dat God ʼn morele kode in sy liefdesgebod veranker het: Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Die liefde behoort daarom die vertrekpunt te wees van alle besluite wat ons neem.

OOK BESKIKBAAR IN DIE REEKS
ToekomsVenster – Ons behoort aan mekaar
ToekomsVenster – Die keuses wat ek maak
ToekomsVenster – Volg Jesus

SKU: 9780864877819 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

ToekomsVenster – Die keuses wat ek maak: Stiltetydgids – 45 dagreise oor die kuns van die lewe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 164

OPSOMMING: Ons woon in ʼn wêreld wat steier onder die gevolge van verkeerde keuses. Keuses vir die heersende wêreldkultuur belowe opwinding, voorspoed en roem, maar misluk klaaglik om hierdie beloftes na te kom. Die toenemende chaos rondom ons is ʼn klinkklare bewys hiervan.
Met die 45 dagreise in hierdie boek herinner Chris Harris jou dat God ʼn morele kode in sy liefdesgebod veranker het: Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Die liefde behoort daarom die vertrekpunt te wees van alle besluite wat ons neem.

Die keuses wat ek maak sal jou lewe verryk, jou meer insig in die kuns van die lewe gee en jou onwankelbaar in God se onfeilbare Woord anker.

Meer oor ToekomsVenster
ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.
Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.
Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

INHOUD
Week 1: God se voertuig
Week 2: Rolmodelle
Week 3: Vryheid, keuses en verantwoordbaarheid
Week 4: As jy verdwaal het
Week 5: Oortuigings
Week 6: Kernwaardes vir ons tyd
Week 7: Nóg waardes
Week 8: Taal wat lewens verander
Week 9: Leierskap

SKRYWER
Dr Chris Harris is leraar van die NG gemeente Hulp en Hoop Gemeenskapskerk (Mokopane) en direkteur van Celebrate Life Coaching. Chris is ook baie betrokke by die Fresh Expressions-beweging. Hy is getroud met Francisca en hulle het ʼn seun, Christiaan, en ʼn dogter, Liesel.

You may also like…