Description
ToekomsVenster – Volg Jesus: Stiltetydgids – 45 dagreise oor dissipelskap
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 148
OPSOMMING: ‘n Leeftyd hier op aarde is heeltemal te kort om die volheid van God te leer ken. Ons het egter die voorreg om iéts van sy grootheid te ontdek en te ken. En dit is waarmee hierdie 45 dagreise na dissipelskap jou wil help. Dissipelskap is ʼn manier van leef. Dit begin wanneer jy reageer op Jesus se uitnodiging om Hom te volg. Om Jesus werklik in ons lewe vandag te volg, vra van ons om te leer om aan Hom aandag te gee, na Hom te luister en dan, natuurlik, om Hom te volg.
In die proses sal jy God al hoe beter leer ken en aanhou groei in ʼn dieper en omvattender verstaan van wie Hy is. Jy sal egter ook meer insig kry in wie jy is en in wat dissipelskap werklik behels.
Meer oor ToekomsVenster
ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.
Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.
Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.
INHOUD
Week 1: Geskep as dissipel – God se verteenwoordiger
Week 2: Belofte van herstel
Week 3: Die volmaakte dissipel
Week 4: Dissipels deel weer in God se oorvloed
Week 5: Hoe, wat, waar en wanneer?
Week 6: Dissipelskap vra ’n kruis
Week 7: Dissipelskap maak jou vry van vergelyking en mededinging
Week 8: Nuwe lewenswyse, nuwe waardes – dit vereis tyd
Week 9: Navolging van Jesus gee betekenis aan jou lewe
SKRYWER
Deon Loots is tentmakerleraar by Klema in Somerstrand, Port Elizabeth. Hy staan die grootste deel van sy tyd af aan ʼn dissipelskap-bediening wat landwyd strek. Hy fokus veral daarop om materiaal vir retraites beskikbaar te stel en self retraites aan te bied.