Description
SUBTITEL: 100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers.
FORMAAT: Boek
OPSOMMING: “U genade is vir ons genoeg.” Dit was nog altyd die belydenis van opeenvolgende geslagte Uit die Beek-lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
SKRYWER: Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.