Uittogpad

R110,00

Ontdek die hartklop van geloof in “’n Tien-weke-reis met God: Lesse uit Eksodus.”
Laat Jaco Thom jou lei op ‘n pad van vernuwing. In hierdie boek ervaar jy nie net die stories van die Ou Testament nie, maar ook die lewe-veranderende waarhede wat daarin verskuil lê. God se genade en liefde oorwin telkens weer, en God nooi jou om deel te word van ‘n verhaal van herstel en hoop.
Betree hierdie reis van geloof en ontdek die vreugde van ‘n lewe in God se teenwoordigheid. Maak jou pad, ‘n reis van vervulling en vertroue. ***

SKU: 9781991234209 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: ’n Tien-weke-reis met God: Lesse uit Eksodus

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 84

OPSOMMING: Ons almal ken die uittogverhaal in Eksodus. Ons het daarmee grootgeword.

Die boek Eksodus maak ons egter bewus van soveel meer as die uittog. Ons ontdek opnuut hoe barmhartig en genadig God is; ons beleef dat Hy, die lewende God, lankmoedig en vol liefde is. Al is ons vandag nog, net soos die Israeliete destyds, kleingelowig, opstandig, hardkoppig en ontrou, gee God vir ons nuwe kanse. Keer op keer bevry God ons. Weer en weer vergewe God ons.

En die onbegryplike wonder is dat God belowe om saam met ons te reis, want God weet ons pad in vryheid in vra van ons baie geloof en volharding. En God verseker ons: Ons uittogverhaal is baie meer as ’n eksodus, want die uitkoms is seker.

INHOUD:

Inleiding: Meer as ’n eksodus

Week 1: Die uitkoms is seker

Week 2: Nie alleen nie

Week 3: Jy is op gewyde grond

Week 4: Net God se pad

Week 5: Verlos by die Rietsee

Week 6: Die gawes, maar God

Week 7: Maak dit ’n beter plek

Week 8: Afgesonder vir die Here

Week 9: Godsdiens en godsdiens

Week 10: Oordeel en genade

SKRYWER: Jaco Thom is predikant en bekende skrywer van Bybelstudies, Bybelromans en Jaco se Bybelkoerant (aanlyn). Jaco het al tientalle Bybelstudies geskryf wat die lewe van soveel gelowiges verryk en hulle geloof verdiep. Sy Bybelstudies is baie gewild onder kleingroepe en omgeegroepe.