Van wanhoop na hoop DVD

R50,00

Van wanhoop na hoop DVD wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Hierdie DVD word gebruik saam met die boeke:

   

 

SKU: DVD091 Categories: ,
Vra vir meer inligting

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING: Van wanhoop na hoop DVD wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander.

Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

Ons staan verslae en vra soos die dissipels destyds: “Waar is Jesus? Is Hy werklik dood?” Dit is egter juis dan dat ons deel kan raak van die groepie verslae en hooplose dissipels wat op Golgota na die kruis gestaar het. Want ʼn paar weke later het hierdie selfde groep dissipels, wat vir Jesus verraai en van Hom af weggedraai het, die strate van Jerusalem ingevaar en begin preek. En wat het hulle verkondig?

Hoop! Want Jesus het uit die dood opgestaan.

God wil ons nie by die kruis los nie. Hy het Jesus uit die dood opgewek. Jesus lééf. En wanneer ons God anderkant die kruis ontdek, kry ons weer hoop.

Bestaan uit 6 videogrepe

Week 1: Van vrees na vrede
Week 2: Van toe deure na oop vensters
Week 3: Van uitgestoot na ingesluit
Week 4: Lof in gebrokenheid
Week 5: Vyande as vreemde vriende
Week 6: Van onvergenoegdheid na tevredenheid