Description
SUBTITEL: Oop vir verrassende ontmoetings met God – Ontdek die wye ruimte anderkant woorde en gedagtes
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 148
OPSOMMING: Hierdie boek wil jou help om na jou prentjies van God te kyk, om die gesondes te voed en om die ongesondes te laat los.
Jou prentjies van God lê op ’n baie diep plek in jou binnewêreld, van waar dit jou lewe ongemerk stuur. Ongesonde prentjies van God verarm jou lewe. Daarom is dit so belangrik dat jy met gesonde prentjies van God sal leef.
Jy kan dit nie uit eie krag regkry nie. Die blote lees van ’n boek sal jou ook nie daarmee kan help nie. Maar jy kan jou oorgee aan die Gees wat die “volle waarheid” oor God in jou binneste laat indring (Joh 16:13).
Jy kan hierdie boek lees, oordink, bespreek, daaroor mediteer, in die geloof dat die magtige Gees van God dit sal gebruik om jou prentjies van God, jou verhouding met Hom en jou lewe te omvorm. En om jou só oop te maak vir verrassende ontmoetings met God.
INHOUD
Inleiding
- Hoeveel weet ons van God?
- Het ons ’n God van streng geregtigheid?
- Maak God die lewe lekker?
- Om God in alle dinge te sien
- Integreer God in hierdie werklikheid?
- Die rykdom van die paradoks
Bylae: ’n Volledige stiltetyd
SKRYWER: Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.