Vertel – Deel die Goeie Nuus

R120,00

In Vertel luister ons met aandag na die Goeie Nuus om dit self nuut te ontvang en dit met ander te deel. Ons oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons leer hoe om sulke gesprekke op ’n respekvolle manier te voer.

Vertel is ’n kombinasie van hoe ons die Goeie Nuus van die evangelie verstaan en hoe ons dit prakties kan deel met mense wat oor ons pad kom. Dit is nie in die eerste plek ’n verstaan-boek nie, maar ’n doen-boek of, dalk liewer, ’n oefen-boek. ’n Boek wat ons weer passievol kan maak oor die deel van die Goeie Nuus van die evangelie met mense wat God oor ons pad bring.

SKU: 9781776160174 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL:  BLY in die OMGEE – WAG op die WOORD – ONTDEK die nuwe LEWE – Getuig oor God se liefde

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: In Vertel luister ons met aandag na die Goeie Nuus om dit self nuut te ontvang en dit met ander te deel. Ons oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons leer hoe om sulke gesprekke op ’n respekvolle manier te voer.

Vertel is ’n kombinasie van hoe ons die Goeie Nuus van die evangelie verstaan en hoe ons dit prakties kan deel met mense wat oor ons pad kom. Dit is nie in die eerste plek ’n verstaan-boek nie, maar ’n doen-boek of, dalk liewer, ’n oefen-boek. ’n Boek wat ons weer passievol kan maak oor die deel van die Goeie Nuus van die evangelie met mense wat God oor ons pad bring.

Waar gemeentes die oefenprogram van Vertel volg, kán dit gebeur.

INHOUD:
Week 1: Die Goeie Nuus dring ons
Week 2: Die Goeie Nuus vir almal
Week 3: Deel die Goeie Nuus
Week 4: Die Goeie Nuus-verhaal
Week 5: Leef die Goeie Nuus
Week 6: Die Goeie Nuus regeer
Week 7: Vier die Goeie Nuus

SKRYWER: Karlien Becker van die NG gemeente Welgemoed is die redakteur van Vertel.