Wie is Bybelkor

Bybel-Media ontwikkel sedert 1972 Bybelstudies van hoë gehalte. Deur die jare heen het die span hulle kundigheid geslyp om ’n betroubare bron te word vir individue en groepe wat hulle insig in God se Woord wil verdiep.

Skrywers

Skrywersprofiele Malan Nel Professor, dosent en gewilde gasspreker Lees meer ’n Besonderse professor en gasspreker Prof. Malan Nel is op Calvinia gebore en het sy doktorsgraad in teologie in 1984 verwerf by die Universiteit Pretoria. Hy is tans ’n professor in Praktiese Teologie met meer as drie dekades van akademiese ervaring. Jeugbediening is sy besondere […]

A-Test Copy

skrywersprofiele Nico Smit ‘n Skrywer, leraar en berader Less Meer ’n Skrywer, leraar en berader binne en buite die gemeente. Dr. Nico Smit is ’n leraar by Dalpark-gemeente aan die Oos-Rand, waar hy verantwoordelik is vir die pastorale versorging van die gemeente. As geregistreerde berader doen hy ook spreekkamerwerk. Nico is getroud met Karen, ’n […]

Lewenslêer

Bybel-Media se Lewenslêer wil dit vir jou moontlik maak om gerus te wees dat jou papierwerk in orde is. Hierdie boek begelei jou om jou lewe beter te organiseer sodat jy of jou geliefdes vinnig die nodige inligting en dokumente in die hande kan kry as iets onverwags gebeur.

Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.

Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

Kleurmeditasies vir Kerstyd

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God. Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie Kerstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak.

Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat Advent, Kerstyd en Epifanie omsluit.

Advent is wagtyd: Ons sien uit na Jesus se eerste koms as Kind tussen ons, maar ook na sy tweede koms om alles te vervul. Kerstyd is feestyd: Ons vier die geboorte van “God by ons” en bowenal dat God mens geword het.

Epifanie is sientyd: Ons sien opnuut Jesus Christus se verskyning, sy hier-wees en sy leef-tussen-ons. Die temas van hierdie tyd van die jaar is wag, uitsien, liefde, hoop, vrede, vreugde, fees, liggaam, lig en hoop. Dit is ʼn tyd van verlange en feesvier.

Die woorde van elke geloofsgedagte herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

Kleurmeditasies vir Pinkster

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Pinkster ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op Hemelvaart, Pinkster en die werk van die Heilige Gees in ons lewe, die kerk en die skepping. Ons vertel weer die storie van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk.

Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Heilige Gees wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.