Top 10 Bybelstudieboeke vir kleingroepe

'n Foto van 'n groep mense wat saam die Bybel bestudeer in hulle kleingroep.

Vind die beste studiemateriaal vir jou groep!

Om die Bybel te bestudeer is ’n belangrike deel van enige gelowige se lewe, aangesien dit ons help om die lesse, waardes en beginsels van die Bybel te verstaan. Om die Bybel op jou eie te bestudeer is nie maklik nie, en dis juis waar jou klein Bybelstudiegroep inkom. 

Kleingroepe bied ’n geleentheid vir Christene om die Bybel saam te bestudeer en hulle insigte en begrip met mekaar te deel. Maar hoe kies jy die regte Bybelstudieboek vir jou kleingroep? Hoe weet jy watter onderwerp om saam te bestudeer?

In hierdie artikel kyk ons na die top 10 Bybelstudieboeke vir kleingroepe en waaroor elkeen gaan. Ons wil dit vir jou maklik maak om die regte een vir jou groep te kies!

Hier is ons top 10 Bybelstudieboeke vir kleingroepe:

  1. Wanneer Jesus vrae vra (deur Michiel van der Merwe)
  2. Mosaïek van Maria (deur Lisel Joubert)
  3. Verby ons gedagtes (deur Willem Nicol)
  4. Oop vir die oomblik (deur Willem Nicol)
  5. Genooi om te volg (deur Willem Nicol)
  6. Keuses wat jou iets kos (deur Jaco Thom)
  7. Moed om mens te wees (deur Elna Mouton, Marie Britz, Christelle Bekker et al.)
  8. Danïel: Die heerskappy behoort aan God (deur Jaco Thom)
  9. In Christus is ons hoop (deur die leierspan van die Sinode van KwaZulu-Natal)
  10. In Christus saam op pad (deur die leierspan van die Sinode van KwaZulu-Natal)

Button with text: "Begin jou Bybelstudieboek!"

1) Wanneer Jesus vrae vra

Wat gebeur wanneer Jesus begin vrae vra? In hierdie Bybelstudieboek ontdek ons die 46 vrae wat Jesus in die Johannes-evangelie vra. Kom leer hoe om Jesus se antwoorde aan te hoor en dit in jou lewe uit te leef. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

2) Mosaïek van Maria

Kom ervaar die verhaal van Jesus se moeder. In hierdie Bybelstudieboek gaan ons ’n pad saam met Maria stap wat strek oor 2 000 jaar. Ons leer hoe Maria deel van God se plan was en hoe jy ook ingeweef is in God se verhaal. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

3) Verby ons gedagtes

Hoe sien ons vir God? Wat is ons idee van Hom? Hierdie boek wil ons help om na ons prentjies van God te kyk sodat onsdie gesonde prentjies kan voed en die ongesondes laat vaar. Kom leer wie God regtig is. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

4) Oop vir die oomblik

In hierdie 10 Bybelstudies sal jy ontdek wat die Here ons wil leer: Daar is net een tydstip waarop ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here hou ons toekoms in Sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

5) Genooi om te volg

Kom ervaar die lewe van die aardse Jesus. Hierdie gespreksgids het ten doel om ons meer oor Jesus te leer en om oor ons beeld van Hom na te dink. Dit wys vir ons hoe om Hom te volg in alles wat ons doen. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

6) Keuses wat jou iets kos

In die Bybelboek van Rut lees ons van gewone mense wat in hulle alledaagse lewens hulle geloof op ’n besonderse manier uitgeleef het. Hulle wys vir ons dat geloof in God ons lewens kan verander! Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

7) Moed om mens te wees

Leer om met waagmoed te leef in die tyd en ruimte wat God vir jou gee. In hierdie Bybelstudieboek vir groepe kyk ons na ’n ongewone gesin, Marta, Maria en Lasarus, en hulle ontmoetings met Jesus. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

8) Danïel: Die heerskappy behoort aan God

Wie ken nie die verhale van Daniël en sy drie vriende, van die brandende oond en die leeukuil nie? Kom reis saam deur al twaalf hoofstukke van hierdie Bybelboek om te leer hoe om soos Daniël te leef. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

9) In Christus is ons hoop

Wees ’n draer van hoop en volhard in jou geloof. Hierdie boek sal jou geloof opnuut anker en jou motiveer om met liefde en hoop voluit te leef. Kom vind jou hoop in Christus met ons ag-weke-saamreisgids. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

10) In Christus saam op pad

Waar jy ook al loop, is Jesus saam met jou. Hierdie gids help ons verstaan dat ons saam met Jesus Christus op reis is en dat ons onlosmaaklik met mekaar verbind is. Lees meer oor hierdie Bybelstudieboek.

Samevatting

Of jy nou ’n gesoute Bybelstudie-student is of so pas met jou reis begin het, hierdie 10 boeke bied baie nuwe insigte en perspektiewe wat jou geloofsreis sal verryk. Van praktiese leiding oor hoe om jou geloof in jou daaglikse lewe uit te leef tot diep verkennings van die geskiedenis en teologie van die Bybel, elkeen van hierdie boeke het unieke waarde om te bied. 

Kry jou kleingroep bymekaar, gryp ’n eksemplaar van een van hierdie top 10 Bybelstudieboeke en maak jou gereed om jou begrip van die Bybel te verdiep en om in jou geloof te groei.

Kom blaai deur ons versameling Bybelstudieboeke: Jy sal sommer in ’n japtrap die perfekte een vir jou en jou kleingroep vind.

Button with text: "Vind die regte Bybelstudie vir jou!"

X

Teken in op ons nuusbrief

Open chat
Scan the code
Hello 👋
Kan ons jou help?
My cart
Your cart is empty.

Looks like you haven't made a choice yet.